Brixton Moord En Roof Orkes, Die – (Fokus) Deur 'n Donkerbril lyrics

Dis somer in Pretoria, die son skyn skerp
YSKOR gloei 'n hoogoond teen die skemer
Dis weer somer in Pretoria, die son skyn te skerp
Teen die lense wat ek dra voor my oë...

Ek kyk na die wêreld deur 'n donkerbril
dis al wat ek kan doen om te keer
om die werklikheid te sensor, te bestuur, te beheer
want die beelde skyn te skerp vir my X3

Die staatsdiensgeboue staan soos leggerkabinette
En wag vir die volgende dag se nuwe wette
En ek sit in my volla en wag vir die lig
Wat sê ek kan aangaan met my daaglikse plig

Ek kyk deur die walms met 'n donkerbril
dis al wat ek kan doen in verkeer
om die werklikheid te sensor, te bestuur, te beheer
want die ligte skyn te skerp vir my

Ek sien boeke en stoele en penne en 'n baas
wat my dophou oor sy bril en wag om te raas
en ek wag vir teetyd en vir tjailatyd
want dis al hoe ek oorleef in die roetinestryd

Ek kyk na die wêreld deur 'n kameralens
fokus in en verklein
ek fokus in skadus van swart en wit
want die beelde is te helder vir my

Ek kyk na die wêreld deur 'n donkerbril
dis al wat ek kan doen om te keer
om die werklikheid te sensor, te bestuur, te beheer
want die beelde skyn te skerp vir my

Submitted by Guest