Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Die Woonstelliedjie lyrics

Ek hou my liggaam aan die gang
met rooiworsies en bier,
hamburgerpatties en whiskey,
rooiwyn en breadrolls

In die aande luister ek Pink Floyd
en na die motors in Duncanstraat
tydens beter buie na Valiant Swart
en soms selfs na Mary Poppins

Refrein:
Maar daar's wind in my hare
en die son spuit deur my are
en ek retreat, ek retreat
op 'n African beat

Ek sit saam met jou in 'n coffee shop
loer skelm na die girl met die swart bob
jy sê jy't reeds vergeet
van die familiefoto op die kaggel

Ek hou nie van die juppies in Hatfield nie
en ek hou nie van die snobs van Waterkloof nie
maar ek hou van die ruik
van my stof en storm subkontinent

Refrein

En al wat vir my oorbly
is my woonstel op die kafee,
die platespeler en die bad,
my kitaar en soms jy...

Refrein

Submitted by Guest