Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Dis Winter lyrics

Jy sit vanoggend met sweet in jou hemp
die vel span wit om jou gesig
ja, loer maar in die spieël vir vandag se grap
met daardie stoppelbaard wat alweer so krap

Refrein:
Dis winter, weet jy dan nie
dis winter, weet jy dan nie
dis winter, weet jy dit dan nie?

Jy vergiftig jouself met'n groot pot tee
wat met elke koppie swarter verkleur
die nagter word ook kouer en donkerder
so sonder suiker en melk

Refrein

Jy is besig om jou dae te verklee
met kaftans waaronder niks meer gebeur
die kringe om jou oë word blouer
soos die lewe uitpeul en verwelk
jy drink 'n laaste sluk en draai jou serp om jou masker te bedek

Refrein

Submitted by Guest