Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Jou Eie Voorstadrewolusie lyrics

Jou onkuise wekker tik alweer
koketterig saam met 'n kerkhofklok
en jy's bang en jy vrees
dat jy ook eendag oud sal wees

En jy wik en jy weeg
maar jy blik en jy bloos nie
hoewel die tyd jou elke sekonde
nader aan die einde tik

Jy gooi jou kop agteroor
en skree dat jy alles en almal haat
en jy loop buite in die nag
met jou hande in jou sakke

Spoeg vir honde en lag vir straatpredikante
tussen eike en jakarandas
en wit mure en klip mure
en sekondes en ure
en dreine wat wasem asem

Dis maniakke wat die land regeer
ryk swape wat die wêreld beheer
en jy's kwaad en jy's boos
dat jy ook eendag sò sal wees

Jy gooi jou kop agteroor
en sweer dat jy alles en almal haat
en jy loop buite in die nag
met jou hande in jou sakke

Submitted by Guest