Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Skemer lyrics

Dis skemer en my ligte is te flou
om 'n verskil aan die skadus te maak
dis skemer en my kamer is te grou
om 'n verskil aan my drome te maak

dis skemer en sou jy ook graag wou
hê dat dit reeds nag moet wees,
hê dat dit reeds dag moet wees
maar alles behalwe skemer

Tussen die uitlaatgas en die toeters
het ek rondgery, rondgedwaal om jou te soek
om weer terug te keer na skemer

Ek het saam met die ritme van die flikkerlig
tyd gehou, tyd gehou en uitgehou
om weer terug te keer na skemer

By verkeersligte moes ek stop
vir verkeerspolisie jok
oor die kwantiteit van brandstof in my bloed
om weer terug te keer na skemer
en na die lampe van my kamer se groet

Submitted by Guest