Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Geen Land lyrics

Daar is geen land, so ver of woes geleë
Land van vrede, land van vrees
Land van rykdom, land verwees,
Land van dood en land van hoop
Land waar kinders deur rommel loop

Refrein:
Ons dans tussen soekligte en doringdraad
Drink en juig tot die daeraad
Pille vir depressie, wyn vir die pyn
Ons hoop op vrede, maar ons wag op die kaptein

Daar is geen land, so ver of woes geleë
Land van liefde land van haat
Land van waagmoed en verraad
Shopping malls en polisiestasies
Land wat baie offers vra

Refrein

En as die vliegtuig eindelik land
Jou paspoort stewig in jou hand
'n Nuwe land met 'n nuwe lewe
Dink aan ons soos 'n slegte gewete
Waar ons…

Refrein

Submitted by Guest