Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Brixton Dae lyrics

Hoor die seine van die Brixtontoring
Volg die ritme van die honde wat blaf
Bingo in highstraat, junkies wat lag
Maar ons sit tevrede by die Abelarde en wag

(vir) beter dae, vir beter dae,
vir beter dae, want vandag was kak

Hoor die sirenes wan een nul trippel een
Hoor die skote in Westbury klap
Die sente van ‘n bedelaar, die rande van ‘n pusher
Koop nie die vrede wat ons almal voor wag

Soos al die dae, soos al die dae,
Soos al die dae was vandag maar kak

Ek hoor daar’s ‘n kraak in die watertoring
Maar Ketso gee ons geld vir die Wêreldbank
Nie ‘n boom in sig in downtown Brixton
Wat wil white trash nou met koelte maak?

(Gee my) beter dae, beter dae,
beter dae, want vandag was kak

Gee jou hart vir Hillbrow, sy skop jou in die gat
Melville gee jou sooibrand en Rosebank steel jou geld
Yeoville is te hectic en Orangegrove te ver
Maar in Brixton wag ons in die local bar

(vir) beter dae, vir beter dae
beter dae, want vandag was kak

Submitted by Guest