Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Sewe Rand Vir Die Maand lyrics

Soms is jou pay tjek net-net te klein
om 'n bachellor huishouding te dra
En jou overdraft is gulsiger vir geld as vir wyn
voor die landlord eers begin om sy deel te vra

Refrein:
Sewe rand oor vir die res van die maand
Sewe rand oor en 'n halfjack
My petroltenk suig aan die laaste dampe
van 'n kwart tenk: my laaste geskenk
van 'n hitch hiker geruil vir 'n lift
van 'n hitch hiker geruil vir 'n lift

Die weeluise wemel weer in jou matras
en die gate word groter in jou jas
In die oggend knoop jy nog trots aan jou das
maar daar's 'n custardvlek op die punt wat jou verras

Refrein

Aan die begin van die maand is jy gelukkig en ryk
met geld in die bank kan die depressie wyk
Jy eet junkfood in plaas van sardiens en brood
maar na 'n week is dit brandewyn vir hoop

Refrein

Submitted by Guest