Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Asyn lyrics

'n Parafienlamp brand in jou kamer
langs 'n spieël met 'n houtraam
sewe duiwels dans om jou voete
en 'n swerm eilandvoëls in jou naam

Refrein:
maar jy kyk ver en verby
na wat ander vermy

Daar's 'n skeermeslem op jou tafel
en 'n bottelnek in jou keel
'n strokiesprent lag van onder jou tong
en 'n stormwind waai deur jou are, jong

Refrein

Dis net vir jou wat jou bed in die lug hang
dis net jy wat daai kleure sien
vir ander lyk dit maar grys en kaal
en dis hulle wat jou wil kom haal

Refrein

Submitted by Guest