Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Pasop Vir Die Droom lyrics

Daar's iewers iets nie meer pluis nie,
my wekker klop nie meer kuis nie,
my skoene staan by verkeerde maats
en die whisky-bottel se label hang halfmas

Refrein:
Maar pasop vir die droom, ja, julle wat skroom
om julself van dié malheid te verskoon
Pasop vir die droom, pasop vir die droom;
die loon van die droom is die droom...

My televisie kyk nou skeel
en my radio verseg om te speel,
die stofsuier en die strykyster
het elkeen 'n koord om die keel

Refrein

Van vandag af, sê jy, lewe jy aspris,
maar, jy sien, jy't die hele storie mis;
want daar's rotgif op jou solder
en jou voorland is 'n kis

Refrein

Submitted by Guest