Brixton Moord En Roof Orkes, Die – Witwolke lyrics

Bo my is die onmeetlike blou
En ek laat my asem saggies uit
Om vir jou witwolke te stuur
Want witwolke is soos woorde
En wanner hulle lag
Sal ek weet hulle streel oor jou vel
En kleur dit die geur van jasmyn

Refrein:
My witwolke moet saam met jou reis
Sodat jy van my dink soos van wolke wat wasem
My witwolke moet saam met jou reis
Sodat jy van my dink soos van wolke wat wasem

En as ek my oë toemaak
En na my wit wolke luister
Dan hoor ek hoe hulle skater
In die blou van jou oë

Submitted by Guest